Episode 187: Water Feë: Robbefeë
Alles omtrent Robbefeë in volkskunde en in my skryfwerk.
Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.
Kopiereg 2025 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.
Leer meer oor Robbefeë in volkskunde hier.
Kry die transkripsie hier.
Links genoem in die episode:
- Nuusbrief: https://ronel-the-mythmaker.kit.com/671d4c97de
- Audiobooks van die podcast: https://payhip.com/RonelJansevanVuuren/collection/faeries-and-folklore-podcast-audiobooks
- Eens: Verhale, Mites en Legendes van Feërie: https://www.ronelthemythmaker.com/my-books/once-tales-myths-and-legends-of-faerie/
Leer meer oor die skrywer hier.
Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com
Transkripsie
Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.
Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.
Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.
Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.
Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.
Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.
Ons gaan voort met ons verkenning van water feë.
Vandag se fee: Robbefeë
Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel
’n Algemene element in alle robbefeë volkskunde is dat hulle hul robbevelle nodig het om na die see terug te keer. As hulle dus gesteur word terwyl hulle op land is, sal hulle hul velle opruk en na die water terugkeer. Hierdie robbefeë is vervloek met ‘n voortdurende verlange na wat hulle nie het nie: wanneer hulle op die land loop as ‘n mens, smag hulle na die see; as hulle soos robbe in die water swem, smag hulle na die land.
In die meeste verhale wat die robbefee vrou betrek, sonbaai ‘n robbefee vrou op die strand/dans in die maanlig/geniet om in haar menslike vorm te wees en ‘n sterflike man steel haar robbevel, dwing haar om met hom te trou en sy kinders te baar. Die robbefee vrou doen soos verwag, en wag geduldig om haar robbevel terug te neem en na die see terug te keer. Soms sal die robbefee vrou terugkom vir haar kinders, en soms verlaat sy hulle saam met haar sterflike man. (Die kwessie van toestemming is een vir ‘n hele ander episode.)
Robbefeë mans is buitengewoon aantreklik en sterflike vroue smag na hul aandag – soveel so dat sommige met hoogwater sewe trane in die see sal huil om een te ontmoet. En as ‘n vrou by die see vermis raak, word gesê dat sy by haar robbefee minnaar gaan woon het.
Sommige verhale – veral in Shetland – vertel van aantreklike robbefeë wat eilandbewoners tydens Midsomersaand die see in lok, die mense word nie weer gesien nie.
Hierdie robbefeë is vervloek met ‘n voortdurende verlange na wat hulle nie het nie: wanneer hulle as ‘n mens op land loop, smag hulle na die see; as hulle soos robbe in die water swem, smag hulle na die land.
En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Robbefeë
Hulle is in staat om vorm te wissel tussen hul rob en menslike vorms.
Robbefeë woon meestal in die menseryk.
Die grootste taboe van hul soort is om met ander feë te meng (deur die huwelik, ens.).
Alhoewel hulle soms met hul eie soort trou, is dit meer algemeen dat hulle ‘n menslike maat soek. Hulle vang ‘n ongetroude mens vas deur hul Ander-vel (die robvel) te los vir die mens om te vind. Die mens is nie in staat om die Ander-Vel weg te gee, die robbefee toe te laat om dit terug te eis, of andersins skade aan te doen nie. Hulle word deur hierdie pels aan hul robbefee-maat gebind. Daar word gedink dat iemand kragtig robbefeë (en dus mense) vervloek het om altyd die prooi te word van die toorkrag van die Ander-Vel.
Dit gebeur wel dat tydens die Syns vryheid van hierdie vloek by óf die Feekoningin óf die Donker Koning gekoop kan word (gewoonlik gebeur die Syns elke sewe jaar …). Alhoewel sommige gevind het dat die prys vir vryheid té hoog is.
Robbefeë is vir sommige bekend as die “goeie volk”. Hulle help vissermanne om in tye van nood genoeg kos uit die see te versamel deur in die taal van die see te sing. Hulle is saggeaarde wesens. Alhoewel dit bekend is dat hulle storms veroorsaak om die onoordeelkundige moord op robbe en robbefeë te wreek.
Hul huise is gewoonlik diep in die see, meestal ‘n natuurlike kelder wat van pêrels of koraal gemaak is.
As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van Robbefeë na Engels: Selkies.
Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.
Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!
Beskikbaar by
Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn
You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.
You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.


No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

