Faeries and Folklore Podcast

The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Mami Wata

Episode 165: Water Feë: Mami Wata

Alles omtrent Mami Wata in volkskunde en in my skryfwerk.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2025 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor Mami Wata in volkskunde hier.

Kry die transkripsie hier.

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van water feë.

Vandag se fee: Mami Wata

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Mami Wata of La Sirene is ‘n watergees wat in Wes-, Sentraal- en Suider-Afrika vereer word, sowel as al die plekke waarheen Afrika-slawe in die Atlantiese eilande en suidelike Noord-Amerika (bekend as die Afrika-diaspora) gestuur is.

Mami Wata is uitgebeeld as ‘n klassieke meermin wat haar hare kam terwyl sy op die rotse van ‘n rivier sit en wag vir haar prooi, en as ‘n pragtige slangbekoorder. In enige inkarnasie soek sy een ding: toewyding. Sy word gewoonlik gesien met lang, gesonde hare, benydenswaardige skoonheid en ‘n donker, aantreklike geheimsinnigheid. Sy blyk ook dieselfde etnisiteit te wees as die vroue in die area waarin sy is.

Sy kan selfs in ‘n tornado verander – al lyk dit of dit ‘n aspek is van ‘n ander watergees wat, soos soveel ander, onder die sambreel van “Mami Wata” saamgevoeg is. Wat blykbaar deur een van haar hoëpriesters in Wes-Afrika bevestig word wanneer hy sê dat “die Mami Wata-tradisie bestaan uit ‘n groot pantheon van gode en geeste, nie net die dikwels uitgebeelde meermin nie”. Nie dat iemand buite die priesterskap veronderstel is om iets meer te weet nie…

Mami Wata kan haar toegewydes rykdom, wysheid, genesing, waarsêende kragte, roem en skoonheid gee. Sy kan dit ook net so maklik wegvat. Dit is bekend dat sy siektes en natuurrampe veroorsaak wanneer sy ontevrede is. Haar volgelinge dans ter ere van haar en gaan gewoonlik in ‘n beswyming waar hulle met haar kommunikeer. Hulle laat ook haar offerandes van juweliersware en soetruikende seep by die baie heiligdomme wat aan haar gewy is. Meer dikwels as nie, verkies Mami Wata om in ‘n een-tot-een situasie met haar volgelinge te kommunikeer, en neem hulle soms na haar onderwaterpaleis – dit is veral waar van haar manlike toegewydes. Sy eis gewoonlik seksuele getrouheid van haar manlike toegewydes in ruil vir die rykdom wat hulle soek – versuiming om daaraan te voldoen lei tot ondergang.

Die spieël, een van haar simbole, is hoe sy met haar volgelinge kommunikeer. Dit verteenwoordig ook beweging tussen die hede en die toekoms: haar toegewydes kan hulself nie sien soos hulle is nie, maar soos hulle in die toekoms sal wees wat Mami Wata vir hulle sal skep.

Die slang, nog een van haar simbole, verteenwoordig beide goddelikheid en die kuns van waarsêery.

Mami Wata het ‘n baie spesiale rol: om die waterliggame te beskerm. Baie tradisionele groepe sal nie op spesiale dae strand toe gaan of visvang nie om haar huis te eer.

Maak nie saak hoe jy dink sy lyk nie, sy is ‘n watergodin wat in gelyke mate liefgehê en gevrees moet word.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Mami Wata

Sy is die Koningin van die Water Feë. Sy kan as ‘n meermin of ‘n mens voorkom – sy kan lug of water in enige vorm inasem.

Sy is ‘n bekende figuur van Afrika volkskunde en verhale van haar het saam met Afrika-slawe na hul nuwe huise in die Atlantiese eilande en suidelike Noord-Amerika gegaan. Sterflikes roep na haar om geregtigheid en leiding – wat sy teen ‘n prys verskaf: toewyding. Die krag van sterflike geloof voed haar betowering (magiese kragte).

Mami Wata is ‘n pragtige swart vrou wat gewoonlik met slange, spieëls en juweliersware geassosieer word. As ‘n mens haar wil kontak, om aan haar te dink terwyl jy na enige van hierdie voorwerpe staar sal haar na jou roep.

Die Jengu doen wat ook al sy wil hê hulle moet. Hulle is uiters lojaal aan haar. Alle water feë toon trou aan haar, maar sy is net hulle heerser deur mag.

Soos met alle meerminne, is sy gehul in mistiek, aantreklikheid en, natuurlik, wraak. Haar towerkrag kompeteer (en kan oortref) dié van enige Hoë Feë.

Sy is die grootste opposisie teen die Obayifo (aangesien hulle alle lewe vernietig en die basis van haar kragte in die menslike lewe lê).

Sy het ‘n onderwaterpaleis, alhoewel niemand wat daarheen gegaan het, enige herinnering van sy ligging of hoe dit lyk nie, net ‘n gevoel van weelde.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.