Episode 151: Sterkste Spelers van Feërie: Cailleach
Alles omtrent die koningin van winter, hoe ek haar herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie fee oorvertaal na Engels.
Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.
Kopiereg 2025 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.
Leer meer oor die cailleach hier.
Kry die transkripsie hier.
Leer meer oor die skrywer hier.
Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com
Transkripsie
Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.
Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.
Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.
Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.
Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.
Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.
Ons gaan voort met ons verkenning van die sterkste spelers van feërie.
Vandag se fee: Cailleach of die Koningin van Winter
Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel
Ek is betower deur die ou stories van die wêreld – veral die Keltiese godinne.
Die Cailleach is een van die mees fassinerende, kragtige en skrikwekkende van die Keltiese godinne. Daar word gesê dat sy oud is.
Volgens legende kan die Cailleach haarself verander van ‘n skrikwekkende wyf in die winter helfte van die jaar en in ‘n pragtige jong meisie in die somer helfte. Sy is ‘n elementêre krag van die winter, die koue, die wind en storms. Sy kom aan bewind soos die dae verkort en die son laag in die lug sak. Sy dra ‘n towerstaf van krag waarmee sy die land vorm en die weer beheer.
In sommige weergawes is sy ‘n verdorde wyf met ‘n bose bui wat met ‘n towerstaf rondloop, die aarde vries en verhoed dat alle plantegroei groei, tot die nadeel van mens en dier. Sodra die lente kom, word sy verskriklik woedend en gooi haar towerstaf onder ‘n meidoornboom en verdwyn tot die volgende winter.
In ander verhale verdwyn sy na ‘n eiland waar dit altyd somer is, om op die laaste dag van haar bewind as Koningin van Winter uit die Put van Jeug te drink. Sy keer terug na Skotland en val in ‘n towerslaap. Sodra sy in helder sonskyn wakker word, is sy ‘n pragtige jong meisie. Maar soos die dae verbygaan, word sy ouer: Teen midsomer is sy ‘n volwasse vrou; teen die herfs is haar voorkop gerimpel en het haar skoonheid vervaag. Wanneer die winter terugkom, is sy ‘n ou verdorde wyf en heers weer as die gevreesde koningin Beira.
Die Cailleach is die een wat besluit wie sal lewe en wie sal vergaan in die storms van die winter, en dit is hoekom sy ook bekend staan as die Storm Wyf.
In nog ‘n ander verhaal is sy die verpersoonliking van die winter en is van godin tot fee gedemoveer. Sy is bekend as ‘n alleenloper en word beskryf as ‘n ou vrou wat blou of swart flenterklere dra met ‘n kraai wat op haar skouer sit. In hierdie verhaal dra sy ‘n steeneikstaf wat oombliklik doodmaak met die blote aanraking en sy kan vlieg waartydens sy klippe op mense se koppe laat val. Op Mei Aand sal sy haar staf onder ‘n steeneikbos gooi en vorm verander in ‘n grys klip tot die volgende winter wanneer sy haar taak sal voortsit om die aarde te vernietig en sneeustorms af te roep.
In alle verhale word egter gesien hoe sy die land versorg, almal dwing om tyd te neem om te rus, en om te sorg vir wilde diere terwyl haar storms woed.
Daar is duidelik ‘n onderliggende tema van verlange na jeug en skoonheid, maar tog net krag as ‘n ou wyf – en vryheid van samelewingsbeperkings op hierdie gevorderde ouderdom. Ek dink egter ons kan almal saamstem dat sy uiters kragtig en temperamenteel is.
En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Cailleach
Ook bekend as Cailleach Bheur en ook bekend as Beira, Koningin van Winter
Heilige boom: steeneik en brembos.
Storm Wywe vergesel haar.
Almal verander in klip (staande klippe) van Beltane tot Samhain. Volgens mite – om tot klip te verander gebeur net wanneer hulle nie hul plig teenoor die land, die Donker Hof en die Donker Koning nakom nie.
Die Cailleach het ‘n staf wat die aarde met elke aanraking vries. Sy is ook beskermer van die diere gedurende die winter.
Die Cailleach is in lyn met die Donker Hof sedert die Skeuring vir beskerming en mag. Alhoewel die Storm Wywe haar vergesel waar sy ook al gaan, is dit meer vir hul vermaak as vir haar beskerming.
Sy hou die krag van winter. Sy kan as ‘n ou vrou (dus haar naam) of op enige stadium van die lewe verskyn; wat ook al haar doel pas.
Sy woon in Tir na nÓg – ‘n ryk wat haar eie is vol sneeu, verskeie diere wat óf gewillig na haar ryk kom óf per ongeluk óf met geweld, ‘n kasteel wat soms as ‘n kothuis verskyn, en verskeie diere uit die sterflike ryk wat hul pad na haar toe gevind het vir gemak en veiligheid. Sy stuur die koue van haar ryk na Feërie en die sterflike ryk soos nodig.
As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van koningin van winter na Engels: queen of winter.
Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.
Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!
Beskikbaar by
Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn
You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.
You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.


No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.