Faeries and Folklore Podcast

The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Feëkoningin

Episode 149: Sterkste Spelers van Feërie: Feëkoningin

https://youtu.be/oxybPMsd9o4

Alles omtrent die feëkoningin, hoe ek haar herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie fee oorvertaal na Engels.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2025 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor die feëkoningin hier.

Kry die transkripsie hier.

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van die sterkste spelers van feërie.

Vandag se fee: Feëkoningin

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Die Feëkoningin was nog altyd hierdie kragtige, anderwêreldse skoonheid bedek met misterie en fluisteringe. Daar kan nie baie oor haar in volkskunde gevind word nie, maar wat duidelik is, is dat sy baie name het en regoor die wêreld gevind kan word.

In Ierse volkskunde is Aoibheall die koningin van die fee. Haar naam beteken “skoonheid” of “brandende vuur”, afhangend van hoe oud jy dink haar naam is. Sy is ‘n gunsteling in die Ierse letterkunde.

Mab is die feëkoningin in Engelse volkskunde en maak haar verskyning in sestiende en sewentiende eeuse literatuur.

Titania is ook die feëkoningin in Engelse volkskunde danksy Shakespeare se “A Midsummer Night’s Dream”.

Daar is ander genoemde feëkoninginne, maar die meeste kan ek nie eers begryp hoe om uit te spreek nie – en ek durf dit nie deurmekaar maak nie, aangesien feëkoninginne die mees wisselvallig is waar dit kom by hoflike maniere en respek vir daardie uiters belangrike naam, omdat daar krag in ‘n naam is.

Daar word byna altyd gesê dat Feërie deur ‘n koningin regeer word. Alhoewel daar baie genoemde feëkonings is, regeer hulle net oor klein koninkryke, nie die hele Feërie nie.

Alhoewel fee-koninginne altyd pragtig, kragtig en oënskynlik genadig is – is hulle steeds fee en het hulle steeds die geneigdheid tot wreedheid, en daarom moet hul wispelturige aard nooit vergeet word nie. Selfs al lyk dit of Faerie girl-power bevoordeel.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Feëkoningin

Formele naam: Koningin Andromeda (word gebruik om verdrae, vloeke, ens. Daar is krag in ‘n naam.).

Bekend as: Mae.

Bekende liefdesbelangstelling: Jamie MacKinnion, leier van die Galno, laird van stam Kinnion.

Swakhede: geen bekend nie.

Mae is die almagtige koningin van die feë. Alhoewel sy die verantwoordelikheid van Feërie en alle fee met die Donker Koning deel, is dit op haar genade dat feë (en ander) val wanneer hulle oortree het. Sy maak die reëls; sy dwing die reëls af (stuur die Assassyn of die Helder Ridders agter die oortreders aan).

Slegs die Assassyn, die Donker Koning en die Cù Sìth kan met haar kragte meeding. Selfs Ankou, Koning van die Dooies, onderwerp homself aan haar.

Sy kan wisselvallig, barmhartig, sorgsaam en onverskillig wees, afhangende van haar bui. Die Skeuring is tydens een van haar sorgelose oomblikke veroorsaak.

Sy is Feërie. Alles leef en sterf deur haar gril. Alles kom tot stand of verdwyn op haar bevel. Na die Skeuring wat Feërie verdeel het, het sy nie meer so ‘n mag oor die Donker Lande wat aan die Donker Hof en die Donker Koning behoort nie.

Wanneer sy besluit om in die Sterflike Ryk in te meng, is dit selde ‘n gril: sy het iets in haar waterval voorsien wat die Oog van Tyd is, en dit is heel waarskynlik deur een van haar Sieners of selfs die skikgodinne bevestig.

Mae is ‘n kragtige, onafhanklike vrou in beheer van ‘n hele ras van wesens. Dit is haar taak om seker te maak dat vrede tussen Mens en Feë heers, om seker te maak dat die Donker Koning nie meer skade aanrig as wat hy reeds gedoen het deur die Skeuring en die Labirint te skep nie, en dat almal die onverwagte oorleef.

As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van Feëkoningin na Engels: faery queen.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.

Processing…
Success! You're on the list.
fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *