Episode 145: Sterkste Spelers van Feërie: Donker Koning
Alles omtrent die donker koning, hoe ek hom herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie fee oorvertaal na Engels.
Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.
Kopiereg 2024 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.
Leer meer oor die donker koning hier.
Kry die transkripsie hier.
Leer meer oor die skrywer hier.
Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com
Transkripsie
Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.
Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.
Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.
Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.
Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.
Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.
Ons gaan voort met ons verkenning van die sterkste spelers van feërie.
Vandag se fee: Die Donker Koning
Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel
Die naaste aan ‘n donker feekoning wat ek kon vind, was die Erlkoning, verewig in vers deur Johann Wolfgang von Goethe en getransponeer deur Franz Schubert. Daar is ‘n vertaling na Engels deur Sir Walter Scott. Basies staan die Erlkoning in die Germaanse volkskunde bekend as ‘n donker en sinistere elf wat in die woud woon, en dit geniet om kinders te bekruip en dood te maak.
’n Bekende feekoning, meestal te danke aan Shakespeare se “A Midsummer Night’s Dream”, is Oberon. Hierdie feekoning was gewild in Middeleeuse en Renaissance literatuur. In sommige verhale help hy mense met hul soeke, in ander is hy in ‘n liefdesdriehoek – eg en waan – met Mab en Titania.
Nadat die Tuatha De Dannan deur die Milesiërs in Ierland verslaan is, het hulle besluit om hul huise onder die aarde te maak. Ingange was grotte, fonteine, krake en ander slim maniere. Hulle is gelei deur Finnbhear/Finvarra, seun van Dagda. Hierdie feekoning was lief vir feeste en het gereeld sterflike vroue gelok om by hom aan te sluit – en hulle het gewoonlik ongedeerd teruggekeer huis toe na ‘n nag van dans. Hy was ook lief vir perde en het ‘n ros met vlamme vir oë gery.
Dit is waarskynlik die beste om weg te bly van spookagtige woude.
En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Die Donker Koning
Die Donker Koning. Die Unseelie Koning. Die Feëkoning. Ciarán.
Hy regeer die donker feë, die Donker Lande en sy eie kasteel daar binne. Selfs die Ongesiene Menigte gehoorsaam hom.
Hy verkies om te lyk soos die moderne uitbeelding van ‘n aantreklike vampier in ‘n paranormale liefdesroman om redes wat onbekend is.
Hy hou daarvan om chaos te saai, veral wanneer dit sy groter doelwit van meer krag sal dien.
Hy volg sy eie reëls en gee nie om wat ander van hom dink nie.
Hy verkies om met vrees te regeer.
Hy is net so magtig soos die Feëkoningin.
Hy het oomblikke van vriendelikheid, al word dit ver oortref deur sy geneigdheid tot wreedheid.
As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van donker koning na Engels: Dark King
Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.
Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!
Beskikbaar by
Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn
You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.
You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.


No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.