Faeries and Folklore Podcast

The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Die Raaf Fee #podcast #faeries #folklore

Episode 135: Sterkste Spelers van Feërie: Morrígan

Alles omtrent Morrígan, hoe ek haar herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie fee oorvertaal na Engels.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2024 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor Morrígan hier.

Kry die transkripsie hier.

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van die sterkste spelers van feërie.

Vandag se fee: Die Raaf Fee: Morrígan

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Die Morrígan is ‘n figuur uit die Ierse mitologie, vertaal as “groot koningin”, “seekoningin”, “angswekkende koningin” of “spookkoningin”. Sy word geassosieer met oorlog en noodlot, en sy kan gesien word waar sy krygers aanmoedig om dapper dade te doen tydens die geveg. Sy bring ook vrees en verwarring na gevegte. Soms word sy gesien waar sy die bloedbevlekte klere was van diegene wat bestem is om te sterf – baie soos die Wasvrou (‘n tipe banshee) uit Skotse volkskunde.

Die Morrígan word dikwels uitgebeeld as ‘n trio van susters, gewoonlik Badb, Macha en Nemain. Daar word egter geglo dat dit almal name vir dieselfde godin is, net haar verskillende aspekte (bv. wanneer sy dood en oorwinning in ‘n geveg voorspel, is dit gewoonlik in die vorm van ‘n kraai, die Badb). Sy word dikwels as ‘n drievoudige godin beskou, meestal as gevolg van die Keltiese betekenis van Drieheid, en omdat sy in die verhale wat van haar vertel word, verander in ‘n lieflike jong meisie, ‘n koningin wat geskik is vir die stryd, en ‘n ou wyf.

Sy word gesien as die beskermer van die Aarde en sy mense – afhangende van haar bui, word besluit watter stam beskerm word. Sy is ‘n eiesinnige, passievolle godin wat maak soos sy wil. Sy is ook die vrou van Dagda, die koning van die Onderwêreld. Soos getoon in die verhaal van Morrígan en Cúchulainn, is sy bedrewe om vorm te verander – en kan nogal wraaksugtig wees wanneer sy geminag word.

Sommige Keltiese geleerdes het probeer om Morrígan met Morgan le Fay te verbind. Ons weet egter almal dat dit twee afsonderlike vroue is met hul eie agendas.

Maak nie saak wat jy haar wil noem nie, stryd is haar saak en jy moet beter pasop.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Morrígan

Die Kraai Fee. Die Raaf Fee. Oorlog. Die Drievoudige Godin. Sy gaan onder baie name. En is nie onderhewig aan enigiemand nie.

Sy het mag oor gevegte – om lafaards dapper te maak, vrees in die harte van die dapperes te slaan, gevegte te laat verloop soos sy wil (en hulle op ‘n gril te veroorsaak).

Kraaie word na haar getrek. Hulle is aasvoëls en word goed gevoed waar sy ook al is.

Sy kan in ‘n swerm kraaie verander. Sy dra altyd swart.

Eens op ‘n tyd was Morrígan en Dagda romanties betrokke.

Slegs Feetjie Honde (Cù Sìth) kan haar kragte weerstaan en die uitwerking daarvan op ander neutraliseer indien nodig.

Gedurende die tyd van die Skeuring het die Cù Sìth Alpha – Amber – Morrígan se magte gebind omdat sy uit lyn getree het en haar ma se dood veroorsaak het. Sedertdien beplan sy haar wraak.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.

Processing…
Success! You're on the list.
fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *