Episode 115: Die Ryk van die Feë: Berg
Alles omtrent berge, hoe ek dit herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie onderwerp oorvertaal na Engels.
Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.
Kopiereg 2024 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.
Leer meer oor berge hier.
Kry die transkripsie hier.
Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com
Transkripsie
Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.
Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.
Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.
Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.
Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.
Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.
Ons gaan voort met ons verkenning van die ryk van die feë.
Vandag se onderwerp: Berge
Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel
Oor die hele wêreld word geglo dat berge magies is. Hulle is ewige, stille getuies van die geskiedenis.
Die Judaculla Rots wemel van inheemse Amerikaanse snywerk. Een spesifieke glief is vermoedelik die sewevinger-handafdruk van die reusagtige Judaculla, wat daar gelaat is toe hy van sy sitplek hoog op die berg gespring het. Daar word gesê dat hierdie rots dien as ‘n grens tussen hierdie wêreld en die geesteswêreld.
‘n Cherokee legende vertel dat die Connestee mense hulle genooi het om naby ‘n waterval te kuier, waaragter ‘n grot na ‘n ander wêreld gelei het. Die Connestee het hul gaste genooi om by hulle daar te kom woon. Slegs een man het geweier. Toe hy weg is, was daar nie meer ‘n grot nie maar ‘n soliede rotsmuur.
In die Noordwes area teen die Still Oseaan glo baie inheemse Amerikaanse stamme dat magtige geeste (dié waarmee jy regtig nie wil mors nie) bo-op berge gewoon het. Sommige het kwaadwillige kragte, sommige is wispelturig en wraaksugtig, en ander is amper mensagtig in hul romantiese verstrengeling met ander berge.
Berge was heilig in baie godsdienste en legendes. Sommige, soos die berg Olympus, is die tuiste van die Griekse gode. Die berg Etna is glo die tuiste van Vulcan, die Romeinse god van vuur en die smee.
Vir die antieke Inka was berge en dood ingewikkeld aan mekaar gekoppel. Die Inka kon die reservoir van spiritualiteit in die berge aanvoel en het geglo dat sommige dele van die berge as poorte na die gode opgetree het, so hulle het hul dorpies daar gebou. Een keer ‘n jaar het hulle ‘n rituele kinderofferande aan hul gode op die piek gemaak.
Omdat heilige berge beskou word as die bron van heilige kragte en die huise van geeste, word toegang tot hierdie berge dikwels beperk. Hierdie beperking kan kom in die vorm van klim wat verbied word of ‘n spesifieke samelewing wat die berg vermy. Hierdie berge word ook dikwels deur wette beskerm om hulle bewaar te hou.
In Suid-Afrika het ons Tafelberg wat die meeste aandag uit volkskunde trek. Die berg het ‘n wonderlike wolk wat net verskyn wanneer dit ook al voel. Die “tafeldoek” het soveel oorsprongverhale: een mite sê dit was die gevolg van die San Mantis god wat ‘n vlam teen die hange van die berg met ‘n reuse-wit karos (dierpels) versmoor het, ‘n ander vertel die verhaal van ‘n rookwedstryd tussen die Duiwel en die seerower Van Hunks. Wat die berg self betref, vertel ‘n Xhosa verhaal van die draak van die see wat teen vier reuse geveg het en die reuse wat uiteindelik die berg word om die land veilig van die see te hou. Bergspoke woon ook op Tafelberg. Aintjie Somers, ‘n slaaf wat haarself doodgewerk het en as ‘n kabouteragtige gees teruggekom het om haar harde lewe te wreek, is die bekendste van hierdie spoke. Om goeie gedrag by kinders te vestig, word die ou gesegde vandag nog in die Kaap gesê: “Wees goed of Aintjie Somers gaan jou beetkry.”. Die berg is ook vergelyk met ‘n vyandige en wraaksugtige reus wat onrus op die see veroorsaak het, wat enigiemand gestop het wat probeer verbykom het – die reus was natuurlik verslaan en het ‘n roerlose berg geword wat ontdekkingsreisigers soos Vasco da Gama toegelaat het om verby die punt van Afrika te seil en na Indië te reis.
Of jy glo dat berge die huise van gode is, die ingang na die geesteryk is, selfbewus is, een ding is seker: hulle is toweriek.
En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Berge
Berge is die ewige landmerke van die ryke. Verskeie weë bestaan binne hulle om die ryke te verbind. Berge is ook die tuistes van verskeie feë en dit is verbind met die lewenskrag van die ryke en diegene wat daarin woon.
Verskeie feë is manifestasies van die berge. Hulle is aan hulle gebonde. Bergnimfe is een voorbeeld. Hulle werk is om hul berge veilig te hou (teen uitgrawings, modernisering, besoedeling, ens.). Hierdie feë het die mag om sneeustortings, storms en ander natuurverskynsels te veroorsaak.
As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van berge na Engels: mountain
Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.
Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!
Beskikbaar by
Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn
You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.
You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.


No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.