The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Aufhocker

A dark fantasy banner titled "FAERIES AND FOLKLORE by Ronel," set against a misty, gnarled forest under a large, glowing full moon. In the bottom left corner, the word "Aufhocker" is written in a clean, white serif font. In the top right corner, there is a circular, dark metallic or wax seal stamp featuring an embossed illustration of a skull. A scaly blue dragon rests on a rocky ridge in the foreground, surrounded by faint, glowing blue magical embers. A red wax seal has “Afrikaans Edition” stamped on it with an embossed tree.

Episode 215: Werkers van die Dood: Aufhocker

Alles omtrent Aufhocker in volkskunde en in my skryfwerk.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2026 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor Aufhocker in volkskunde hier.

Kry die transkripsie hier.

Links genoem in die episode:

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode word geborg deur my Oorsprong van die Feë boek reeks. Jy het hulle op die podcast ontmoet, nou sien hulle in aksie. 

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan eenmalig wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen.

Jy kan ook die podcast as ‘n luisterboek koop om te help met die hosting. Leer meer op my webtuiste Ronel the Mythmaker. Skakels in die beskrywing.

Ons gaan voort met ons verkenning van die werkers van die dood. 

Vandag se fee: Aufhocker

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Die Aufhocker is ‘n reuse swart hond uit Duitse volkskunde. Daar word gesê dat alleen reisigers snags deur hierdie hond aangeval word deur óf hul kele uitskeur óf op hulle spring en bly sit totdat die persoon van sy gewig versmoor. Dit is veral aktief by kruispaaie.

Sommige glo die Aufhocker is ‘n vampierwese wat op sy agterpote opstaan voordat hulle die keel uitskeur en die bloed van hul slagoffer drink, en vlug met die opkoms van die son of die geluid van kerkklokke.

Daar is selfs gefluister dat hierdie swart hond van vorm kan verander – gewoonlik in dié van ‘n perd. Alhoewel dit hier soortgelyk optree as pookas en waterperde, wat afwyk van alles wat oor die Aufhocker bekend is.

Baie van die tyd vind die Aufhocker ‘n eensame reisiger op ‘n donker pad en loop ‘n geruime tyd saam met hulle voordat hy skielik aanval. En alhoewel hierdie bekruipgedrag van hierdie swart hond soortgelyk is aan dié van Britse swart honde, is daar nie veel meer te vinde oor die volkskunde daaragter nie, anders as die meeste ander van sy soort.

Bly dus net saans weg van kruispaaie en moenie alleen reis as jy veilig wil bly nie.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Aufhocker

Enkelvoud: Aufhocker. Meervoud: Aufhöcker.

Aufhöcker is swart honde wat kruispaaie bewaak. Hulle dwaal soms weg en patrolleer nabygeleë paaie. Aangesien kruispaaie plekke is waar feë-ooreenkomste getref kan word en waar sterflinge soms deur ryke kan beweeg, moet die Aufhocker seker maak dat die balans van die ryke behoue bly – niemand wil ‘n herhaling van die Repelsteeltjie-ramp hê nie.

Hierdie swart hond verskyn gewoonlik as ‘n reuse-schnauzer om niemand bang te maak totdat dit nodig is nie. Dit ruk wel kele uit en drink bloed, maar dit is net om sy betowering en die beskerming om die kruispad aan te wakker, nie uit vraatsug nie. Dit jag gewoonlik misdadigers van alle soorte, en laat die onskuldige ongedeerd. Anders as wat volkskunde sê, benadeel sonlig Aufhöcker nie.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

Enjoying the podcast?
If you’ve enjoyed this episode, you can support the time and care that goes into researching, writing, recording, and producing the Faeries & Folklore Podcast by buying me a coffee.
Your support is always appreciated, whether it’s a one-time thank you or an occasional coffee whenever you feel like it. Every contribution helps me continue sharing the folklore, myths, and legends that inspire the Faerie Mythos.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

Similar Posts