The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Skikgodinne #podcast #faeries #folklore

A dark fantasy banner titled "FAERIES AND FOLKLORE by Ronel," set against a misty, gnarled forest under a large, glowing full moon. In the bottom left corner, the word "Skikgodinne" is written in a clean, white serif font. In the top right corner, there is a circular, dark metallic or wax seal stamp featuring an embossed illustration of a crown. A scaly blue dragon rests on a rocky ridge in the foreground, surrounded by faint, glowing blue magical embers. A red wax seal has “Afrikaans Edition” stamped on it with an embossed tree.

Episode 141: Sterkste Spelers van Feërie: Skikgodinne

Alles omtrent die skikgodinne, hoe ek dit herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie fee oorvertaal na Engels.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2024 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor die skikgodinne hier.

Kry die transkripsie hier.

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van die sterkste spelers van feërie.

Vandag se fee: Skikgodinne

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Die Norne, Moirae, Parcae, Hadas, Feés, of wat jy hulle ook al wil noem, die skikgodinne is die noodlot verpersoonlik. Hulle beheer die lot van gode en die mensdom. Gewoonlik is die skikgodinne drie vroue wat dikwels uitgebeeld word dat hulle die toutjie van die lewe spin en sny. Die drievoudige figure kan gevind word in die Griekse, Noorse, Lapse, Indiese en Ierse mites onder verskeie name.

Die skikgodinne verskyn soms as ‘n ou vrou (die verlede), ‘n jong vrou (die hede) en ‘n bedekte vrou (die toekoms) – al kan hulle almal eenders lyk. Afhangende van die streek, is die Weefraam van die Noodlot geweef met óf garingdraad óf ingewande.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Skikgodinne

Die skikgodinne regeer die lot van alle feë en die mensdom. Hulle besluit ook die lot van diegene wat nie so maklik geklassifiseer word nie. Selfs die Cù Sìth is versigtig vir hulle.

Hulle kan enige vorm aanneem. Soms hou hulle daarvan om gesien te word as ou wywe wat ‘n enkele oog deel. Ander kere word hulle in die verbygaande seisoene van die lewe gesien: ‘n jong vrou, ‘n middeljarige vrou en ‘n ou vrou. Hulle kan ook as vormlose entiteite gehul in mantels met kappies voorkom. Wat ook al hul voorkoms, hulle moet gevrees en vereer word.

Hulle het tolletjies garing wat bestaan uit Tyd, Lewe, Siekte, ens. wat hulle gebruik om tapisserieë te weef.

Vir pret kyk hulle na die reaksies van diegene wat glo dat hulle meer mag het as ander (soos die Walkures en die Furieë).

As ‘n klein bonusie, kom ons kyk na die vertaling van skikgodinne na Engels: fates.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

Enjoying the podcast?
If you’ve enjoyed this episode, you can support the time and care that goes into researching, writing, recording, and producing the Faeries & Folklore Podcast by buying me a coffee.
Your support is always appreciated, whether it’s a one-time thank you or an occasional coffee whenever you feel like it. Every contribution helps me continue sharing the folklore, myths, and legends that inspire the Faerie Mythos.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

Similar Posts