Faeries and Folklore Podcast

The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Koning van die Onderwêreld #podcast #faeries #folklore

Episode 137: Sterkste Spelers van Feërie: Dagda

Alles omtrent Dagda, hoe ek hom herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie fee oorvertaal na Engels.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2024 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor Dagda hier.

Kry die transkripsie hier.

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van die sterkste spelers van feërie.

Vandag se fee: Dagda: Tronkbewaarder van die onderwêreld

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Die Dagda is ‘n vaderfiguur en beskermer. Verhale oor hom beeld hom uit as ‘n figuur van geweldige krag. Vroeë Kelte het hom “die goeie god” genoem omdat hy hul oeste beskerm het.

Hy word geassosieer met ‘n towerketel van oorvloed; ‘n yslike knuppel, ‘n ryklik versierde harp van eikehout wat hy gebruik om die seisoene in die regte volgorde te plaas (of die slagorde te beveel); immerbelaaide vrugtebome; en twee varke wat hy gedurig slag en eet (hulle keer magies terug na die lewe net om gebraai en weer geëet te word). Sy harp, Uaithne, laat nie net die seisoene verander nie, maar dit speel ook drie soorte musiek: die musiek van hartseer, van vreugde en van droom.

Hy was eens die Hoë Koning van die Tuatha Dé Danann (‘n ras van bonatuurlike wesens wat die Fomoriërs verower het en voor die Milesiërs in Ierland geval het). Sy ketel, knuppel en harp was magiese items wat die Tuatha Dé Danann saamgebring het toe hulle Ierland die eerste keer verower het.

Nadat die Tuatha Dé Danann na die aarde teruggetrek het, het Dagda die Iers-Keltiese god van die aarde en verdrae, en die heerser van lewe en dood geword.

Hy is ‘n meester van toorkrag, ‘n vreesaanjaende vegter, ‘n bekwame ambagsman en besit die wysheid om te weet wanneer om in ander se sake in te meng.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Dagda

Dagda is koning van die Onderwêreld. Hy het vier kastele – almal skouspelagtig – in die vier uithoeke van die wêreld. Hy is perfek gespierd met tatoeëermerke oraloor.

Hy beskik oor kragtige magie.

Hy beheer die groei van koring en gras. Selfs in droogtes kan hy dit laat groei sodat mense nie honger ly nie.

Hy is in staat om wense toe te staan – daarom staan hy bekend as die Wensmeester. Wense kom nie goedkoop nie: iets moet beding word.

Dagda was eens ‘n magtige figuur in Feërie, maar hy het sy perke oorskry en die Donker Koning het hom gestraf deur hom die koning van die Onderwêreld te maak: ‘n plek waar siele van die Sterflike Ryk en Feërie moet wag vir oordeel sodra Dullahans hulle daar afgelewer het.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.

Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.

Processing…
Success! You're on the list.
fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *