Faeries and Folklore Podcast

The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Koning van die Dood

Episode 147: Sterkste Spelers van Feërie: Ankou

Alles omtrent Ankou, hoe ek dit herverbeel het vir my skryfwerk en hierdie fee oorvertaal na Engels.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2025 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor Ankou hier.

Kry die transkripsie hier.

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my boek Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie, beskikbaar in meeste formate. Leer meer oor hoe Feërie se geheime onthul word deur te gaan na ronelthemythmaker.com/my-books.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan ‘n eenkeer ding wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen. Gaan na buymeacoffee.com/ronel om my te ondersteun.

Ons gaan voort met ons verkenning van die sterkste spelers van feërie.

Vandag se fee: Ankou

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Wie het nie geswymel toe Brad Pitt die rol van die Dood in Meet Joe Black vertolk het nie? Goed, miskien was dit net ek.

Die verpersoonliking van die Dood is al millennia aan die gang. Die Antieke Grieke het selfs ‘n god gehad, Thanatos, as die Dood verpersoonlik. En dit is algemeen in volkskunde – selfs in Aesopus se fabels.

Die gewilde uitbeelding van die Dood is as ‘n skeletfiguur met ‘n groot sens, wat ‘n swart mantel met ‘n kappie dra. Dit kom uit die 15de eeuse Engeland en het eeue lank geduur. Om hierdie verpersoonliking van die dood die Grim Reaper te noem, het glo in die middel van die 18de eeu begin. Die Grim Reaper word wyd gebruik om dood en vrees vir die onbekende te simboliseer.

In die meeste mitologieë kom Dood om mense te versamel wat hy/sy vir die dood gemerk het en hierdie mense probeer om die Dood om te koop of te mislei. Soms is die dood egter net daar om die sterwendes na die volgende wêreld te begelei. Die dood oordeel nooit die dooies nie, begelei hulle net waarheen hulle moet gaan.

Daar is baie doodsvoortekens in kulture regoor die wêreld. Prente wat van die muur af val, die gehuil van die Banshee, ‘n swart kat wat om middernag miaau, bye wat ‘n huis swerm, voëls wat by die huis invlieg, vlermuise wat die huis binnekom en dan ontsnap, ‘n hond wat op die vloer krap, ‘n muis wat oor jou voet hardloop, en selfs om van ‘n wit perd te droom, voorspel alles ongeluk en dood. Ahem, dit beteken ek neem hierdie episode op van die ander kant van die Sluier, want al die bogenoemde het die afgelope dekade met my gebeur. Die Banshee was dalk ek toe Callum amper my vinger afgebyt het toe hy agt weke oud was…

Dit alles lei ons na Ankou. Daar word gesê dat hy ‘n spektrale figuur in Bretonse volkskunde is, die eweknie van die Griekse Thanatos. Soms is hy die gees van die laaste persoon wat in die gemeenskap gesterf het. Gewoonlik word Ankou beskryf as lank met wit hare, met ‘n wye hoed en ‘n lang donker mantel – en ‘n geraamte. Natuurlik draai die Ankou se kop gedurig om almal oral te sien. Griezelig ry Ankou ‘n wa wat deur swart perde getrek en met lyke opgestapel is, stop by ‘n huis en voeg net nog by (om voor ‘n huis te stop beteken iemand binne gaan dood). Ankou is iets tussen die drywer van die doodskoets in Ierse volkskunde en die Middeleeuse Grim Reaper.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Ankou

Ankou kan voorkom as ‘n skeletagtige wese wat ‘n mantel dra en met ‘n sens in die hand – net soos wat volkskunde beweer. Maar hy trek gewoonlik deftig aan, veral wanneer hy die Feëkoningin besoek. Hy bly egter spierwit. Hy hou van die feit dat alle feë hom vrees, of ten minste ongemaklik is met sy teenwoordigheid – selfs diegene wat vir hom werk.

Hy versamel soms die siele van die dooies in sy swart wa of koets. Afhangende van sy bui en die omstandighede, kan hy redelik saggeaard wees met die onlangse dooies en hulle self na sy ryk neem in plaas daarvan om hulle aan die tere genade van die dullahans en ander in sy diens oor te laat.

Dit is sy plig om orde tussen die Anderwêreld en die land van die lewendes (Feërie en Sterflike Ryk) te handhaaf. Hy het verskeie bediendes (dullahans, banshees, sirenes, ens.) met spesifieke pligte om hierdie orde te handhaaf. Sy mees betroubare luitenante is die Bewaarder van die Sluier en Dagda, heerser van die Onderwêreld.

Tydens Samhain, wanneer die Sluier tussen Wêrelde op sy dunste is, lei hy ‘n optog van dooie fee en van sy dienaars deur die wêreld van die lewendes. Wanneer hulle lewende wesens teëkom, moet hulle gepaai word met gebak of nagereg. Of hulle sal wrede truuks op die individu speel. Daarom is dit die beste om tydens Samhain binnenshuis te bly, weggesteek in die donker, sodat jy nie die aandag van Ankou en sy onderdane trek nie.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

You can now support my time in producing the podcast (researching, writing and everything else involved) by buying me a coffee. This can be a once-off thing, or you can buy me coffee again in the future at your discretion.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

Want a taste of my writing? Sign up to my newsletter and get your free copy of Unseen, Faery Tales #2.

Processing…
Success! You're on the list.
fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *