Boomnimfe in Folklore | The Faeries and Folklore Podcast

A dark fantasy banner titled "FAERIES AND FOLKLORE by Ronel," set against a misty, gnarled forest under a large, glowing full moon. In the bottom left corner, the word "Boomnimfe" is written in a clean, white serif font. In the top right corner, there is a circular, dark metallic or wax seal stamp featuring an embossed illustration of a tree. A scaly blue dragon rests on a rocky ridge in the foreground, surrounded by faint, glowing blue magical embers. A red wax seal has “Afrikaans Edition” stamped on it with an embossed tree.

Episode 223: Alleenloper Feë: Boomnimfe

Alles omtrent Boomnimfe in volkskunde en hoe ek dit in my skryfwerk gebruik.

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my Donker Hof Susters Reeks. Beskikbaar in eBoek en Luisterboek. Drie susters. Drie voorbestemmings. Drie maniere om die wêreld te verwoes. Gaan na ronelthemythmaker.com/donkerhofsusters om meer te leer.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan eenmalig wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen.

Skakels in die beskrywing.

Ons gaan voort met ons verkenning van Alleenloper Feë. 

Vandag se fee: Boomnimfe

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Boomnimfe kom uit Griekse mitologie. Hulle was oorspronklik die boomnimfe van eikebome, maar het in die algemeen boomnimfe geword en selfs mens-boombasters in fantasiewerke.

Volgens die Griekse mitologie is daar verskillende tipes boomnimfe:

Dryads: nimfe van eikebome.

Daphnaie: nimfe van lourierbome.

Epimelides: nimfe van appel (en ander vrugte) bome.

Hamadryad: boomnimfe wat integraal aan hul bome vasgemaak is (as die boom doodgaan, sterf die dryad).

Meliae: nimfe van asbome.

Caryatids: nimfe van okkerneutbome.

Oreiades: nimfe van dennebome.

Boomnimfe is nimfe wat in bome woon en die vorm aanneem van pragtige jong vroue. Daar is ‘n gevoel van antieke tydloosheid by hulle. Hulle bestaan om die boom waarin hulle gebore is, te waak en te versorg – en soms bosse en ander wesens. Boomnimfe kan verdwyn deur in ‘n boom te trap. Hulle beskerm heftig en ondeund wat hulle s’n is.

Daar word geglo dat boomnimfe mag oor die natuur het, ten minste wat hul huis betref. Hulle kragte bring ‘n gevoel van ontsag en verwondering vir sterflinge wat hulle vereer en skrik en vrees vir diegene wat hulle oorsteek. Die plekke waar hulle bome woon, is gevul met mistieke energie en vitaliteit. Hulle word gereeld genoem in verskeie vorme van kuns (visueel en geskrewe). Tot vandag toe word hulle gerespekteer en aanbid in heidense rituele.

Boomnimfe kan so oneindig in getal wees soos die bome op Aarde. Daarom is die gesegde “klop aan hout” ‘n beskermende beswering waar ‘n boomnimf sal verskyn om die persoon wat haar geroep het te beskerm. 

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Boomnimfe

Alhoewel hulle aan hul boom gebind is (as die boom doodgaan, sterf hulle), is hulle vry om rond te beweeg in hul bos, woud, tuin, ens.

Boomnimfe wat in Feërie woon, kan vir baie eeue leef. Boomnimfe wat in die sterflike ryk leef, is prooi vir sterflike grille (om bome af te kap vir simpel dinge soos om vure te bou in plaas van om gevalle ledemate bymekaar te maak).

Boomnimfe is die mees gerespekteerde onder die natuurvee (Woudkabouters, Wimpel-Feetjies, ens.) wat die waarde van hul opgehoopte kennis weet.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

This image shows a decorative horizontal divider featuring an antiqued gold-toned tree enclosed within a circular frame at its center, flanked by stylized vine and leaf flourishes.

Read the full folklore article:

"A digital illustration for 'The Faerie Mythos' featuring a graceful dryad with branches extending from her head like antlers, wearing a dark, flowing dress in a misty forest filled with falling autumn leaves. The top of the image features a tan parchment-style banner with the text 'DRYADS' in black, flanked by circular seals."

Explore the folklore, modern interpretations, and the Faerie Mythos.

Listen to this season’s audiobook:

Dark fantasy digital art featuring an elven woman with long, dark hair adorned with small flowers and glowing star-like lights, standing in a magical forest at night under a full moon. Intricate golden filigree and glowing blue wildflowers frame the scene, alongside bioluminescent mushrooms on the forest floor. Gold typographic text reads "SEISOEN 6: ALLEENLOPER FEË" with subtitle text "EENSPAAIER GEESTE, ONHEILSTIGTERS EN DIE ONAFHANKLIKES VAN FEËRIE" and author name "RONEL JANSE VAN VUUREN" with "VOORGELEES DEUR DIE AUTEUR" below.

Listen to the full season with no interruptions.

Explore the Audiobook LibraryBrowse the Lore ArchiveDiscover the Faerie Mythos BooksJoin the Mythmaker’s Circle

Enjoying the podcast?
If you’ve enjoyed this episode, you can support the time and care that goes into researching, writing, recording, and producing the Faeries & Folklore Podcast by buying me a coffee.
Your support is always appreciated, whether it’s a one-time thank you or an occasional coffee whenever you feel like it. Every contribution helps me continue sharing the folklore, myths, and legends that inspire the Faerie Mythos.

A dark fantasy, gothic-style banner featuring a faerie and branding text on a deep purple background. On the left, a side profile of a young female faerie with pointed ears, long wavy hair, a floral crown, and translucent, vein-textured wings looks down thoughtfully. She stands in a shadowy forest next to a glowing candle lantern resting on stacked vintage books. The right side features a decorative circular emblem with a moth and crescent moon, followed by the text: "RONEL THE MYTHMAKER," "Exploring the folklore behind the magic—and creating new myths along the way," and the website "RONELTHEMYTHMAKER.COM". The entire image is framed by an ornate, vintage border.

Similar Posts