The Faeries and Folklore Podcast by Ronel: Aspis

A dark fantasy banner titled "FAERIES AND FOLKLORE by Ronel," set against a misty, gnarled forest under a large, glowing full moon. In the bottom left corner, the word "Aspis" is written in a clean, white serif font. In the top right corner, there is a circular, dark metallic or wax seal stamp featuring an embossed illustration of a skull. A scaly blue dragon rests on a rocky ridge in the foreground, surrounded by faint, glowing blue magical embers. A red wax seal has “Afrikaans Edition” stamped on it with an embossed tree.

Episode 213: Werkers van die Dood: Aspis

Alles omtrent Aspis in volkskunde en in my skryfwerk.

Geskryf en voorgelees deur Ronel Janse van Vuuren.

Kopiereg 2026 Ronel Janse van Vuuren — Alle regte voorbehou.

Leer meer oor Aspis in volkskunde hier.

Kry die transkripsie hier.

Links genoem in die episode:

Leer meer oor die skrywer hier.

Music: Secrets by David Fesliyan (FesliyanStudios.com) and Dramatic Heartbeat by FesliyanStudios.com

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode word geborg deur my Oorsprong van die Feë boek reeks. Jy het hulle op die podcast ontmoet, nou sien hulle in aksie. 

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan eenmalig wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen.

Jy kan ook die podcast as ‘n luisterboek koop om te help met die hosting. Leer meer op my webtuiste Ronel the Mythmaker. Skakels in die beskrywing.

Ons gaan voort met ons verkenning van die werkers van die dood. 

Vandag se fee: Aspis

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Die Aspis word soms met die Wyvern verwar omdat hulle albei drake is met net twee bene, maar die Wyvern is baie groter en met ander eienskappe as die Aspis.

Uit die volkskunde van Middeleeuse Europa is die Aspis ‘n klein drakie wat giftig is om aan te raak. Selfs om te naby daaraan te kom, is om die dood uit te lok. Sy byt veroorsaak onmiddellike dood. Selfs dood, kan dit dodelik wees om daaraan te raak. Die tipe dood wissel van verhaal tot verhaal, van dood bloei tot opswel en verrot op die plek.

Die enigste swakheid van die Aspis is musiek, want dit maak dit gemaklik of afgelei, afhangend van die bron. Hierdie klein drakie weet hiervan, so steek sy stert in een oor en druk die ander een op die grond om homself te red om deur sang tot slaaf gemaak te word. Dit laat egter sy prooi ontsnap. Die meeste uitbeeldings van die Aspis is daarvan in hierdie posisie.

Soms verwar in Middeleeuse manuskripte met slange, aangesien die naam “slang” beteken en beide slange en aspises is dieselfde uitgebeeld in hierdie bestiariums, is dit steeds moeilik om verwysings na die een te vind sonder die ander.

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Aspis

Aspise word net in die diepste woude gevind, naby grotte – hetsy natuurlik of deur hulle geskep – waar hulle bome beskerm wat goue vrugte groei. Hierdie vrugte is slegs bedoel vir verbruik deur feë, maar sterflinge daag mekaar dikwels uit om die verbode vrugte aan te skaf.

Die Aspis is klein, die grootte van ‘n vulletjie, en beweeg vinnig deur die woud met sy twee bene. Sy vlerke, gevorm soos dié van ’n vlermuis, kan dit hoog bo die boomtoppe neem. Aspise wissel in kleur van die diepste groen tot swart. Sy asem is giftig vir sterflinge. Sy byt is onmiddellik dodelik vir alle wesens. As jy daaraan raak, sal jy stelselmatig verlam totdat jou asemhaling ophou.

Net soos volkskunde sê, is musiek sy een swakheid. Vir sommige laat musiek hulle aan die slaap raak, terwyl dit vir ander dit onder die verslawing bring van die een wat die musiek speel.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

Enjoying the podcast?
If you’ve enjoyed this episode, you can support the time and care that goes into researching, writing, recording, and producing the Faeries & Folklore Podcast by buying me a coffee.
Your support is always appreciated, whether it’s a one-time thank you or an occasional coffee whenever you feel like it. Every contribution helps me continue sharing the folklore, myths, and legends that inspire the Faerie Mythos.

You can now own the backlist seasons as audiobooks. All proceeds go to hosting the podcast. Exclusively available from Ronel’s store.

fairy
image credit https://pixabay.com/illustrations/ai-generated-fairy-wings-magic-8121013/

No-one writes about the fae like Ronel Janse van Vuuren.

Similar Posts