Inleiding tot Alleenloper Feë | The Faeries and Folklore Podcast

A dark fantasy banner titled "FAERIES AND FOLKLORE by Ronel," set against a misty, gnarled forest under a large, glowing full moon. In the bottom left corner, the words "Inleiding tot Alleenloper Feë" are written in a clean, white serif font. In the top right corner, there is a circular, dark metallic or wax seal stamp featuring an embossed illustration of a tree. A scaly blue dragon rests on a rocky ridge in the foreground, surrounded by faint, glowing blue magical embers. A red wax seal has “Afrikaans Edition” stamped on it with an embossed tree.

Episode 221: Alleenloper Feë: Inleiding tot Alleenloper Feë

Alles omtrent Alleenloper Feë in volkskunde en hoe ek dit in my skryfwerk gebruik.

Transkripsie

Jy luister na die Faeries and Folklore podcast deur Ronel.

Ek is donker fantasie skrywer Ronel Janse van Vuuren. Met meer as ‘n dekade van rondsnuffel in stowwerige volkskunde boeke, om wesens van verbeelding wat my nuuskierigheid aangewakker het na te vors, is ek hier om die volkskunde in ‘n neutedop te deel en hoe ek dit herverbeel het vir my skrywerk in ‘n oorsprong van die feë.

Hierdie is die Faeries and Folklore podcast.

Hi, ek is jou gasvrou Ronel Janse van Vuuren. Noem my sommer net Ronel. In vandag se episode, gaan ons voort met ons verkenning van die feëryk.

Hierdie episode is geborg deur my Donker Hof Susters Reeks. Beskikbaar in eBoek en Luisterboek. Drie susters. Drie voorbestemmings. Drie maniere om die wêreld te verwoes. Gaan na ronelthemythmaker.com/donkerhofsusters om meer te leer.

Jy kan nou my tyd om die podcast te maak – navorsing, skryf, opnames, ensomeer – borg deur vir my ‘n koffie te koop. Dit kan eenmalig wees, of jy kan dit weer in die toekoms doen.

Skakels in die beskrywing.

Ons gaan voort met ons verkenning van Alleenloper Feë. 

Vandag se fee: Alleenloper Feë

Volkskunde in ‘n Neutedop deur Ronel

Feë wat op hul eie deur die wêreld dwaal, dinge doen sonder ander – hulle moet vreemd wees, nie waar nie? Mense wat dinge op hul eie doen, word immers as vreemd beskou – veral skrywers.

William Butler Yeats het besluit dat daar twee soorte feë is: alleenloper feë en hof feë. Hof feë, soos ons reeds bespreek het, verkies die hoflewe. Alleenloper feë verkies egter om alleen te bly en is geneig om kwaadwillig te wees.

Die mees opvallende van Alleenloper feë is die Ierse Aardmannetjie. Hy maak skoene, volgens legende, en dit het hom baie ryk gemaak. Hy het sy skatte in klippe regoor die platteland versteek. Ander Alleenloper Feë sluit die banshee, huiskabouter, pooka en donker muse in.

Volgens Yeats speel alle Alleenloper feë graag truuks met mense – sommige ‘n bietjie meer kwaadwillig as ander.

Solank jy hulle alleen los, sal hulle jou nie pla nie, nè?

En nou vir my interpretasie van die feë in ‘n Oorsprong van die Feë: Alleenloper Feë

Toe die skeuring gebeur het, is baie feë verplaas na die sterflike ryk – saam met dele van Feërie. Sommige feë het besluit om Hof-affiliasies agter te laat en het Alleenlopers geword. Na die groot geveg veroorsaak deur Morrígan wat tot die Syns gelei het, moes hierdie Alleenloper Feë ‘n Hof kies om hul syns aan te betaal in ruil vir beskerming en die reg om op Hofgrond te woon (die hele sterflike ryk was verdeel tussen die twee Howe).

Alleenloper feë kom in baie vorme en groottes voor. En hoewel dit nie raadsaam is om in die lewens van sterflinge in te meng nie (die Verdrag maak dinge moeilik), geniet sommige dit om met mense te speel.

Ek hoop dat jy hierdie episode van die faeries and folklore podcast geniet het en dat jy iets nuuts oor die feë geleer het.

Onthou dat jy ‘n transkripsie van hierdie episode in die beskrywing kan kry. As jy nuut is by die podcast, hoekom nie na my webtuiste ronelthemythmaker.com gaan en ‘n gratis kopie van ‘Ongesiens’, die tweede boek in die Feëverhale reeks, te kry nie? Tonne volkskunde, toorkrag en gevaar wag! Pas op!

Beskikbaar by

Audible | Podbean | Amazon Music | Spotify | Youtube | iHeart Radio | Player FM | Listen Notes | Apple Podcasts | TuneIn

This image shows a decorative horizontal divider featuring an antiqued gold-toned tree enclosed within a circular frame at its center, flanked by stylized vine and leaf flourishes.

Read the full folklore article:

"A digital illustration for 'The Faerie Mythos' featuring a mystical fae figure with pointed ears, draped in clothing made of moss, ferns, and spiderwebs. She holds a staff topped with a glowing green gem in an enchanted, lush forest beside a small stream. The bottom of the image features a tan parchment-style banner with the text 'SOLITARY FAE' in black, flanked by circular seals."

Explore the folklore, modern interpretations, and the Faerie Mythos.

Listen to this season’s audiobook:

Dark fantasy digital art featuring an elven woman with long, dark hair adorned with small flowers and glowing star-like lights, standing in a magical forest at night under a full moon. Intricate golden filigree and glowing blue wildflowers frame the scene, alongside bioluminescent mushrooms on the forest floor. Gold typographic text reads "SEISOEN 6: ALLEENLOPER FEË" with subtitle text "EENSPAAIER GEESTE, ONHEILSTIGTERS EN DIE ONAFHANKLIKES VAN FEËRIE" and author name "RONEL JANSE VAN VUUREN" with "VOORGELEES DEUR DIE AUTEUR" below.

Listen to the full season with no interruptions.

Explore the Audiobook LibraryBrowse the Lore ArchiveDiscover the Faerie Mythos BooksJoin the Mythmaker’s Circle

Enjoying the podcast?
If you’ve enjoyed this episode, you can support the time and care that goes into researching, writing, recording, and producing the Faeries & Folklore Podcast by buying me a coffee.
Your support is always appreciated, whether it’s a one-time thank you or an occasional coffee whenever you feel like it. Every contribution helps me continue sharing the folklore, myths, and legends that inspire the Faerie Mythos.

A dark fantasy, gothic-style banner featuring a faerie and branding text on a deep purple background. On the left, a side profile of a young female faerie with pointed ears, long wavy hair, a floral crown, and translucent, vein-textured wings looks down thoughtfully. She stands in a shadowy forest next to a glowing candle lantern resting on stacked vintage books. The right side features a decorative circular emblem with a moth and crescent moon, followed by the text: "RONEL THE MYTHMAKER," "Exploring the folklore behind the magic—and creating new myths along the way," and the website "RONELTHEMYTHMAKER.COM". The entire image is framed by an ornate, vintage border.

Similar Posts